Kwalle

Jellievis
Chrysaora fuscescens
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:

Kwalle (jellievisse) is jellieagtige, swewende of drywende holtediere wat soms in groot skole voorkom. Byna al die spesies besit netelselle, waarmee sommige kwalle 'n mens dodelik kan verwond. Baie holtediere toon 'n generasiewisseling, waarby vassittende poliepe een van die twee generasies en losdrywende kwalle die ander verteenwoordig.

Soms ontbreek die kwalstadium, terwyl dit in ander gevalle die enigste oorblywende stadium is. Kwalle wat gereeld in groot getalle op die strand uitgespoel word of ʼn plaag vir baaiers word, behoort tot die groep van die skyfkwalle (klas Scyphozoa) of van die poliepkwalle (klas Hydrozoa). Die kwalle word as egte kwalle van ander onderskei omdat die poliepgenerasie in hierdie groep sterk onderdruk is. Alle vryswemmende holtediere (phylum Coelenterata) word onder die naam kwalle saamgevat. Kwalle vorm dus geen sistematiese eenheid nie en kan in bou baie van mekaar verskil. Die afmetinge varieer van ʼn paar millimeter tot meer as 2 m.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search